Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? (vers 1)

Die psalm begin met die vraag wat aan die hart van die geloof lê, naamlik: wie kwalifiseer en wie nie? Deur die eeue is daar baie antwoorde op die vraag gegee, en soms skuif die klem hierdie kant toe en dan weer daardie kant toe. Voor die Hervorming het die kerk gesê jy kan jou saak met God regmaak deur boetedoening, of selfs deur jou sonde af te koop. Toe het die Hervormers soos Luther en Calvyn gekom en baie klem daarop gelê dat ons saak met God reg is, nie omdat óns iets doen nie, maar omdat Gód alles gedoen het. Hy het in Jesus Christus ons sondes uitgewis sodat ons nuut kan wees.
Wat die kerk later vergeet het, is dat die nuut wees nie net woorde is nie, maar ’n leefstyl van gehoorsaamheid aan God. Dit is wat Psalm 15 ook sê (kyk veral na vers 2-3) – onberispelik, reg doen, die waarheid praat, nie kwaad praat nie …
Iemand wat voor God leef, leef met integriteit en doen wat reg is. Glo is belangrik, maar leef ook.

image_pdfimage_print

Views: 18

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.