Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my gered het. (vers 47)

Dawid was die suksesvolste koning van Israel. Hy het al Israel se vyande verslaan en die ryk uitgebrei tot teen die Eufraat. Hy was dié groot moondheid van sy tyd, en het die grondslag gelê vir die goue eeu van Israel se bestaan wat in sy seun Salomo se regering gekom het.
Tog, te midde van dié ongelooflike prestasies, is daar nêrens enige teken van spoggerigheid nie. Hy vier sy suksesse deur al die lof aan die Here te bring; dis Hy wat hom gered het (vers 47-51). Dit is aan niks anders te danke nie as aan God se troue liefde (vers 51). Troue liefde (héséd) is ’n liefde wat nooit ophou nie. Dit beskryf God se getroue deursien van sy beloftes. Dááraan dank Dawid sy oorwinnings oor die jare.
Natuurlik is God se troue liefde ook vir ons, sy kinders. Hy help jou om jou probleme, jou hartseer, jou swaarkry, jou teleurstellings, te dra en te oorwin. Daarom kan ons, soos Dawid, die Here loof. Hy is ook ons rots (vers 47).

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.