Ek het toe vir my ’n vrou gekry vir vyftien stukke silwer en honderd kilogram gars. (vers 2)

Blykbaar het Gomer op die een of ander wyse ’n ander man se besitting geword. Dalk ’n bordeel-eienaar? Ons weet nie, maar dit het beteken dat Hosea haar nie sommer net kon gaan haal nie. Hy moes haar terugkoop met geld én (omdat sy geld te min was) voorraad uit sy skuur. Die prys het hom seergemaak. En hy moes haar boonop weer liefhê (vers 1)!
Die stomme Hosea moes sy trots in sy sak steek, al sy geld gee, én nog meer, om sy ontroue vrou terug te kry. Hy doen dit, omdat God dit beveel. Want dit is eintlik God se verhaal. God moes ons, sy maaksels en eiendom, ten duurste loskoop met sy eie Seun se bloed, ondanks ons ontrou en sonde. En Hy bly ons liefhê.
Dis ook jou en my verhaal. God vra van ons óók hierdie soort onvernietigbare liefde vir Hom en vir ander. Ander wat nie ons liefde verdien nie, maar aan wie ons dit tog skuld (Rom 13:8). Want eers dan weerspieël ons, soos Hosea, ons Vader se troue liefde teenoor ons.

image_pdfimage_print

Views: 18

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.