My volk kom om weens ’n gebrek aan kennis … (vers 6a, 2020-vertaling)

Dié aanklag vorm die grondslag van die hofsaak wat God voer teen die volk in hierdie hoofstuk. Twee maal word gesê dat daar geen kennis van God is nie (vers 1 en 6), en die gevolg daarvan is byna te aaklig om te lees – totale verwildering en skande. Dié gebrek aan kennis en toewyding aan God het by die geestelike leiers begin. Hulle het die Here verlaat (vers 10), en daarom het die volk elders leiding gesoek (vers 12).
Die aanklag teen die geestelike leiers is nie een wat die geestelike leiers van vandag mag ignoreer nie, want op húlle skouers rus die dure plig om toe te sien dat hulle die woord van die waarheid reg sny (vgl 2 Tim 2:15). Predikante en pastore moet hulle daarop toelê om die Bybel voortgaande te bestudeer. Preke mag nie ontaard in sosiale praatjies of die speel van videogrepe nie, hoe vermaaklik dit ook mag wees. En hulle moet sorg dat hulle gemeentelede self ook die Bybel as rigsnoer gebruik en ken. Anders gaan lidmate nie kan onderskei tussen die stem van God en die stem van die kultuur en politiek nie. Dan gaan ons te gronde.

image_pdfimage_print

Views: 23

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.