Samaria, jou goue kalf is afstootlik! (vers 5)

Israel het gemeen hulle is aan God toegewy (vers 2), maar dit was selfbedrog. In werklikheid het hulle Hom vergeet (vers 14). Hulle het gedink die feit dat hulle die verbondsvolk Israel is (vers 2), is ’n waarborg dat God hulle sal beskerm. Maar intussen het hulle God se verbond verbreek (vers 1) en gemaak wat hulle wil (vers 4). Tekenend hiervan is die goue kalf (vers 6).
Wanneer ’n mens ’n god maak wat na jou smaak is, is jy self jou eie god. Die lewende God van hemel en aarde word nie só bereik nie, want Hy is nie ’n maaksel van ons vernuftigheid nie. Sy voorskrif van die begin af is dat Hy nie deur beelde aanbid en gedien mag word nie (Eks 20:4-5). Israel het dit vergeet, want God se wet was vir hulle onbekend (vers 12).
Calvyn het gesê die mens is ’n afgodsfabriek. Ons skep vir ons afgode uit aardse goed (geld, vriende, beleggings, politiek ens) en dink dit gaan ons gelukkig maak, of help. Waar jou skat is, sal jou hart ook wees, het Jesus gewaarsku (Matt 6:21).
Hosea waarsku: moenie jouself bluf nie. As jou hart nie by God is nie, is jy verlore.

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.