Die Here het vir Moses gesê: “Laat Aäron en sy seuns na die ingang van die tent van ontmoeting toe kom.” (vers 1-2a)

Aäron sou beslis nie mý keuse vir hoëpriester gewees het nie; nie ná die fiasko met die goue kalf (Eks 32-34) waarin hy so ’n groot aandeel gehad het nie. Daar het hy toegegee aan druk en die volk gehelp om ’n afgod te dien.
Maar wag … ek en jy is óók priesters van God (1 Pet 2:5; Op 1:6). Ons is ook maar skeef en krom en dikwels nie onkreukbaar nie. Ek dink dit is die punt. God kies nie volmaakte mense nie, want so iemand bestaan nie. God kies mense wat leerbaar is, wat bereid is om op te staan en ja te sê op sy roepstem en gewillig is om toegerus te word om in sy diens te staan. Want dis nie op grond van inherente kwaliteite dat God ons kies om priesters vir Hom te wees nie. Dit is op grond van die reiniging wat Hy in ons bewerk deur die bloed van sy Seun en die toerusting deur sy Gees dat ons tussen God en die wêreld kan staan. Dis ons roeping!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.