Nie een van julle sal die land betree wat Ek met ’n eed aan julle as woonplek beloof het nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne, en Josua seun van Nun. (vers 30)

Die Israeliete se optrede is só verbysterend dat ’n mens dit skaars kan glo. Onthou, dis húlle wat skaars ’n jaar vantevore die verlossing uit Egipte beleef het; wat gesien het hoe God die Rietsee oopkloof en hulle vir goed van die mag van Egipte bevry het. Dit was hulle wat beleef het hoe God elke dag manna stuur, en ook die kwartels voorsien het. Maar nou, skielik, dink hulle God sal hulle nie met die inname van die beloofde land kan help nie!
Dis die moeilikheid as jou geloof nie diep veranker is in ’n hegte verhouding met God nie. Dan laat die sigbare dinge jou skrik, want die Onsienlike is nie jou realiteit nie.
Ons sien ook hier dat God nie Iemand is om mee te mors nie. As sy geduld opraak, kan dinge vir jou lelik verkeerd loop. Hoewel Hy hulle nie voor die voet laat sterf het nie, het nie een van die volwassenes die land Kanaän ingetrek nie.
Eiesinnigheid is nie ’n eienskap wat by ’n gelowige pas nie (vgl 1 Sam 15:23).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.