Moenie oorlog teen hulle maak nie, want Ek sal nie van hulle grond vir julle gee nie, nie eers ’n handbreedte nie, want Ek het Seïrberg vir Esau gegee as besitting._ (vers 5)

Nie alles wat moontlik is, is reg nie. Jy kan nie dinge vir jouself opeis asof dit net jy is wat saak maak nie. Al was Israel God se verbondsvolk, sorg Hy nie net vir hulle nie. Hy sien ook om na die nageslag van Esau (vers 5) en van Lot (vers 19).
Hierdie beginsel van leef en laat leef geld vir ons ook. Dis hoekom oorlog so ’n gruwel is: oor magslus. Maar dit is ook op ons eie leefwêreld van toepassing. Ongelukkig sien ’n mens te dikwels hoe sterk sakemanne of boere ander uit die mark druk met hulle gulsige optrede. Party mense sal sê dis goeie sakevernuf, maar niks wat jy ten koste van ander doen, kan só maklik vergoelik word nie.
God, ons hemelse Vader, is nie so nie. Hy laat sy son skyn oor regverdiges én onregverdiges (Matt 5:45). Dis ook wat die tiende gebod leer: los ander mense se besittings uit (Eks 20:17). Daar is genoeg vir ons almal op die Here se aarde.

image_pdfimage_print

Visits: 7

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
Tweet
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.