Jesus praat toe met die wetgeleerdes en Fariseërs en vra: “Mag ’n mens iemand op die sabbatdag gesond maak of nie?” (vers 3)

Die Sabbatsgebod was op ’n stadium in ons eie verstaan van die Bybel ’n baie belangrike kwessie. Meestal is daar baie reguit en simplistiese antwoorde gegee, en is mense links en regs veroordeel omdat hulle die Sabbatsgebod verbreek.
Die “probleem” met ons standpunt van die verlede is dat ons alte veel soos die Fariseërs geredeneer het. Die gebod is duidelik. Punt. Net – Jesus stem nie saam nie. Vir Hom was die Sabbatsgebod nie ’n geval van swart en wit nie. Want ’n rigiede standpunt eer nie noodwendig die Here nie. Jou onbuigsame nakom van die Sabbatsgebod kan beteken dat jy jou naaste in nood in die steek laat.
Daarom is die vraag oor die sabbat nie so eenvoudig soos wat mag en wat mag nie. Daar is ander faktore wat ’n invloed het op jou antwoord, soos Jesus die wetgeleerdes van sy tyd herinner. Die sleutelfaktor is: hoe help ons sabbatsheiliging ander. Want ons eer tog nie die Here deur niks te doen nie. Ons eer die Here deur ons dade van omgee, soos Jesus in Matt 25:31-46 uitwys.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.