Toe die hemelwesens weer op ’n dag voor die Here kom staan, het die Satan ook tussen hulle voor die Here kom staan. (vers 1)

Dit is vreemd om te lees hoe vryelik die Satan in die hemel toegang tot God het (vers 1, vgl 1:6).“Satan” is hier ’n titel, nie ’n naam nie. Klaarblyklik was hy oorspronklik deel van die engelevergadering. Elders in die Ou Testament verskyn hy ook in die hemel, o.a. in Sag 3:1-2. “Satan” beteken teenstander, en van die begin af het hy hom daarvoor beywer om die goeie skepping van God te vernietig, soos ons in Gen 3 lees.
Ons ken hom as die duiwel, ook genoem Lucifer (nav Jes 14:12 ev).
In die Nuwe Testament lees ons baie van hom as die groot teëstander van Christus en van gelowiges, maar hy het nie meer vrye toegang tot die hemel nie. Die rede daarvoor is dat hy ná Christus se oorwinning op Golgota uit die hemel uitgeskop is (Op 12:7-9).
Omdat hy nie meer toegang tot God het om gelowiges aan te kla nie, spits hy hom nou toe op gelowiges self. Ons is egter nie weerloos teen sy lis nie (Ef 6:10-18), en eendag sal hy vir goed weg wees (Op 20:10).

image_pdfimage_print

Views: 14

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.