Hoe lank gaan jy nog aanhou praat? Kom eers tot ander insigte dan kan ons verder praat. (vers 2)

Bildad se tirade laat ’n mens eintlik sprakeloos. Hy is onverbiddelik in sy standpunt dat teenspoed God se oordeel oor ’n sondige lewe is, en voorspoed volg as God jou lewe goedkeur. Geen ander standpunt kan oorweeg of geduld word nie. Daarom moet Job sy siening verander, anders gaan hulle nie mekaar vind nie (vers 2).
Bildad hou vol dat daar vir die goddelose geen toekoms is nie, wat natuurlik natuurlik ’n Bybelse waarheid is (vers 5 e.v.; kyk gerus na Ps 73:17b-20). Die groot fout wat hy egter maak, is dat hy Job as ’n goddelose beskou. Maar Job is nie goddeloos nie. Daarom is sy veroordeling nie op Job van toepassing nie.
Ons kan baie uit Bildad se woorde leer, en die belangrikste is dat ons nooit ooit op só ’n manier iemand mag probeer reghelp nie. Uitskel en slegsê bereik buitendien niks. ’n Mens praat eenvoudig nie so met iemand nie, ongeag die omstandighede. Dit is soos outydse vuur-en-swael bekeringspreke, waarin die luisteraars só gekasty is dat hulle omtrent nie anders kon nie as om tot bekering te kom. Ons God is gelukkig meer genadig as dit!

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.