Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie ’n dokter nie? Waarom het my volk nie gesond geword nie? (Jer 8:22)

Jeremia beskryf in vers 4-12 ’n ongehoorde situasie: die volk bly hardnekkig op ’n afvallige pad, al verder weg van God af. Hulle kry nie die kloutjie by die oor nie – dat die dreigende inval van Babel die straf op hulle sonde en afvalligheid is. Hulle dink hulle het tevergeefs op die Here vertrou, en waarsku die mense om in die versterkte stede te gaan wegkruip (vers 14-16).
Jeremia ween ook oor die ramp wat op hande is; nie net oor die verwoesting wat oor die volk gaan kom nie (vers 21), maar veral oor hulle gebrek aan insig en begrip (vers 22). Dis soos ons dikwels sê: daar is nie pille vir onnoselheid nie. Daar is nie medisyne of ’n dokter wat die volk kan help nie, want hulle is blind en doof vir die werlikheid waarin hulle hulleself gedompel het. Dit herinner sterk aan Jesus se woorde met sy laaste intog na Jerusalem, toe Hy gehuil het oor die mense se blindheid vir God se verlossingswerk onder hulle (Luk 19:41-44).
Selfbeheptheid maak jou blind en doof vir God se leiding.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.