’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood. (Jak 2:26)

Jakobus skryf sonder om doekies om te draai dat geloof wat net by vroom belydenisse bly, geen geloof is nie. Dit druis so half in teen ons belydenis dat jy gered word deur Jesus se offer op Golgota, en dat jou dade jou nie kan red nie, nie waar nie? Martin Luther het hieroor so sterk gevoel dat hy aanvanklik gesê het Jakobus se brief is vol strooi. Later het hy hom darem bedink.
Daar is inderdaad geen weerspreking tussen Paulus en Jakobus nie. As Paulus oor geloof praat, bedoel hy dis ’n leefstyl, nie net ’n mooiklinkende belydenis nie. Dis hoekom hy in 1 Kor 13:4-7 skryf dat liefde ’n daad is: liefde gee om (2020-vertaling), beteken iets vir ander, doen of gee iets goeds. En dis presies wat Jakobus ook sê. Hy skryf dat geloof sonder dade nie regtig geloof is nie.
Die Heidelbergse Kategismus Vraag 88 en 90 sê die ware bekering “… is ’n hartlike vreugde in God deur Christus en ’n lus en ’n liefde om volgens die wil van God in alle goeie werke te lewe.” Dís hoe geloof moet wees.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.