Gee my nou wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer? (2 Kron 1:10)

Dié ontmoeting van Salomo met God laat my altyd wonder wat ék sou kies as ek in sy skoene was. Ons weet vandag dat wat Salomo gekies het, die beste was. God het immers self so gesê (vers 11). Maar as jy dit nie geweet het nie, en God sê vir jou dat jy moet vra wat Hy jou moet gee, wat sou jy gekies het?
Dalk moet ons die vraag so effens verder terugvat. Salomo se eerste daad as koning was om die Here te raadpleeg. Hy het wysheid gevra, sodat hy ’n goeie koning vir sy mense kon wees. As ons politici tog só gesteld was!
Maar weer terug by onsself. Waar begin jy as jy in ’n nuwe situasie of werk kom? Salomo wou nie op sy eie insig steun nie (vgl Spr 3:5-6), want hy het besef dat hy slegs in afhanklikheid van God, en deur sy leiding, ’n sukses van sy koningskap kon maak.
Dis alles ’n kwessie van prioriteite. Wie of wat is voor-op in jou lewe, gedagtes, drome en beplanning?

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.