Aan elkeen van ons is ’n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het. (Efes 4:7)
Paulus het dit in dié hoofstuk oor die eenheid van die kerk (vers 3); ’n eenheid wat in die laaste paar jaar al broser geword het. Om die eenheid te behou, pleit hy by sy lesers om altyd beskeie, vriendelik en geduldig te wees, en mekaar in liefde te verdra (vers 2). Namate ons al hoe meer groei in ons geloof en meer soos Christus word, groei ons ook in die kerk na mekaar (vers 15,16).
Om ons hiermee te help, het Christus, die Hoof van die liggaam, aan elkeen van ons ’n gawe gegee (vers 7). Die Heidelbergse Kategismus sê dat ons elkeen verplig is om ons gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede aan te wend (HK 55).
Anders gestel: Ons is Christus se genadegawes vir mekaar. Christus het ons vir mekaar gegee, sodat ons mekaar kan help, mekaar kan dien, en saam die kerk kan opbou. Daarom moet ons met groter vasberadenheid, in beskeidenheid, vriendelikheid en geduld mekaar in liefde verdra. Só sal ons as kerk na Christus toe groei.
Dís ons roeping as gelowiges vandag.
Views: 11