Toe Petrus dan in Jerusalem kom, het die Joodse gelowiges hom verwyt … (Hand 11:2)

’n Mens skrik eintlik as jy die reaksie van die gemeentelede in Jerusalem lees. In plaas van blydskap oor mense wat tot die Koninkryk gevoeg is, verwyt hulle Petrus. Die probleme in die kerk ontstaan as mense wat húlle dink en wil hê, tot die belangrikste maatstaf in die gemeente verhef. Dan gaan dit nie meer om wat Christus wil vir sy kerk nie, maar om wat ék wil, en wat mý pas.
Ongelukkig is dit nie iets van die verlede nie. Ons wil almal hê nuwe mense moet deel van die gemeente word. Maar ons gesindheid en houding verhinder dit. Ons is vriendelik met vreemdelinge, maar ons doen niks om hulle tuis te laat voel nie.
Om ’n voorbeeld te noem: Enkele jare gelede het ’n nuweling by ’n basaarvergadering opgedaag. Mense het hom vriendelik gegroet, maar niemand het met hom gaan gesels nie, totdat hy later gesê het dit lyk nie vir hom of ons hom nodig het nie.
Die kerk in Handelinge het ook hiermee gesukkel, tot hulle raakgesien het dat God aan die werk is, en toe kon hulle juig oor wat God besig was om te doen.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.