God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly… (2 Thes 1:6)

Van vroeg af was gelowiges bekommerd daaroor dat al hulle toewyding en volharding vir die saak van die Here uiteindelik nie juis ’n verskil gaan maak nie, of dat God nie omgee wat met hulle gebeur nie (sien bv Mal 3:14-15). Dit lyk asof die gelowiges in Tessalonika ook hieroor bekommerd was. Daarom herinner Paulus hulle daaraan dat daar ’n dag sal aanbreek wanneer hierdie oënskynlike onreg reggestel sal word. Hy gryp terug na die beloftes van God by monde van die profete, soos bv Sag 2:8: “Wie aan julle vat, vat aan my oogappel,” of Mal 3:16-18. Die Hebreërskrywer verwys ook hierna in Heb 6:10: “God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie.”
Daar kóm ’n dag wanneer God ’n einde sal maak aan onreg, en die wonderlike troos is, ons sal ook daar wees (vers 10). Wat ’n heerlike vooruitsig en hoop vir ons wat dikwels sukkel en voel ons moet maar net gee en gee en gee!

image_pdfimage_print

Views: 1

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.