by Jaco Thom | 25 Jun 2025 | God gee om
Lees: Matt 11:28-29 Jy onthou waarskynlik nog die gewilde “WWJD”-stadium. ’n Mens kon talle bykomstighede in die geestelike winkels kry met dié letters daarop – armbande, pette, T-hemde, noem maar op. En alles het jou daaraan herinner dat die belangrikste vraag wat jy...
by Jaco Thom | 24 Jun 2025 | God gee om
Lees: Matt 11:28-29 Sekerlik kan ons identifiseer met die woorde “uitgeput en oorlaai”. In ons moderne, gejaagde wêreld is min mense nie uitgeput en lewensmoeg nie. As jy ook so voel, is Jesus se uitnodiging vir jou ook. Maar in die konteks waarin Jesus sy uitnodiging...
by Jaco Thom | 19 Jun 2025 | God gee om
Dag 1: Almal is genooi Lees: Matt 11:28-29 Iets waarmee die meeste van ons sukkel, is dat ons grense trek wanneer dit by mense kom. Ons sluit graag mense van wie ons hou of mense wat soos ons is, in, en net so maklik sluit ons mense wat anders as ons is, uit. As daar...
by Jaco Thom | 18 Jun 2025 | God gee om
Lees 1 Pet 1:1-9 en 23 Dit is natuurlik nie die volle storie dat geloof jou niks in die sak bring nie, en dat jou geloof geen voordele op aarde inhou nie. Want dit hóú voordeel in, reeds hier en nou. Dit onderstreep Petrus met dik hale as hy skryf dat jy reeds deel...
by Jaco Thom | 17 Jun 2025 | God gee om
Lees 1 Pet 1:1-9 en 23 Geloof is ’n moeilike ding, want jy werk nie op ’n vlak waar jy kan sien en verifieer nie. Geloof werk met die onsigbare. God die Vader is immers vir ons menslike oë onsigbaar; so ook Jesus en die Heilige Gees. Geloof is om teen alles wat jou...
by Jaco Thom | 16 Jun 2025 | God gee om
Lees 1 Pet 1:1-9 en 23 Kyk weer na vers 6 en 7. Petrus skryf dat dit nodig is dat jy ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings, en dat jou geloof getoets moet word. Ek weet nie van jou nie, maar vir my is dit nie lekker om te hoor nie. Niemand hou...