by Jaco Thom | 23 Mei 2024 | 1 & 2 Kronieke, Lees die Bybel saam met my
Saul se dogter Mikal […] het hom in stilte verag. (1 Kron 15:29) Volgens 2 Sam 6:20-23 het Mikal Dawid verag omdat hy hom, volgens haar, onwaardig gedra het. Dis nie heeltemal duidelik wat, in haar oë, onwaardig was nie. Dalk omdat hy sonder sy koninklike gewaad...
by Jaco Thom | 22 Mei 2024 | 1 & 2 Kronieke, Lees die Bybel saam met my
Dawid het toe besef dat die Here hom as koning oor Israel bevestig het, want sy koningskap het hoë aansien gekry ter wille van die Here se volk Israel. (1 Kron 14:2) Dink vir ’n oomblik terug aan Dawid se nederige begin as die jongste van Isai se sewe seuns. Hy moes...
by Jaco Thom | 21 Mei 2024 | 1 & 2 Kronieke, Lees die Bybel saam met my
Dan bring ons die ark van ons God na ons toe terug; in Saul se tyd het ons ons nie daaroor bekommer nie. (1 Kron 13:3) Die ark van God, ook genoem die Verbondsark, was die heiligste voorwerp in Israel se godsdiens (Eks 25:10-22). Dit was vir Israel ’n teken van God se...
by Jaco Thom | 20 Mei 2024 | 1 & 2 Kronieke, Lees die Bybel saam met my
… van die Issaskarstam, die mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan …_ (1 Kron 12:32) Ons lees van tyd tot tyd in die Bybel van mense wat visioene of drome gekry het om hulle te lei. Die mense van die...
by Jaco Thom | 19 Mei 2024 | 1 & 2 Kronieke, Lees die Bybel saam met my
Dawid het al hoe sterker geword, en die Here die Almagtige was by hom. (1 Kron 11:9) Dis sekerlik elke gelowige se versugting dat die Here by hom sal wees, soos by Dawid. As jy dít kan beleef, sal jy vir elke nuwe dag, elke uitdaging wat oor jou pad kom, kans sien. In...
by Jaco Thom | 18 Mei 2024 | 1 & 2 Kronieke, Lees die Bybel saam met my
Saul is dood oor die troubreuk wat hy teenoor die Here begaan het deurdat hy aan die bevel van die Here ongehoorsaam was, en ook deurdat hy raad gevra het by ’n gees in plaas van die Here te raadpleeg. (1 Kron 10:13-14a) Saul is ’n tragiese figuur. Hy het soveel...