by Jaco Thom | 12 Apr 2024 | Esegiël, Lees die Bybel saam met my
So sê die Here my God: Ek gaan teen jou optree, farao, koning van Egipte, groot krokodil wat rustig in jou rivier lê en sê: ‘Dis my rivier, ek het hom gemaak!’ (Eseg 29:3) Een kommentator merk op dat hierdie vier hoofstukke verskriklik is om te lees. Inderdaad. Want...
by Jaco Thom | 11 Apr 2024 | Esegiël, Lees die Bybel saam met my
Dan sal daar nie meer onder die buurvolke van wie Israel soveel minagting verduur, ’n doring wees wat hom bly steek, ’n pendoring wat hom bly pynig nie. Israel sal besef dat Ek die Here God is. (Eseg 28:24) Soos ander profete het Esegiël ook oor die volke wat Israel...
by Jaco Thom | 10 Apr 2024 | Esegiël, Lees die Bybel saam met my
Mens, Ek gaan jou vrou wat jou soveel vreugde gee, van jou af wegvat deur ’n skielike dood. Jy mag nie treur en huil nie, nie ’n traan stort nie. (Eseg 24:17) Waarskynlik is Esegiël se vrou dood van natuurlike oorsake, en nie omdat God haar lewe geneem het nie. God...
by Jaco Thom | 9 Apr 2024 | Esegiël, Lees die Bybel saam met my
Haar suster Oholiba het dit alles gesien. Maar haar wellus en haar onsedelikheid was nog erger as dié van haar suster. (Eseg 23:11) Die gelykenis van die twee susters is ’n kommentaar op die twee koninkryke van Israel en Juda. Esegiël maak gebruik van die beeld van...
by Jaco Thom | 8 Apr 2024 | Esegiël, Lees die Bybel saam met my
Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ’n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie. (Eseg 22:30) Op die vooraand van die nasionale verkiesing soek ons ook oral na iemand wat die land weer op koers...
by Jaco Thom | 7 Apr 2024 | Esegiël, Lees die Bybel saam met my
Sê vir die land Israel: So sê die Here: Ek is jou vyand, Ek gaan my swaard uit sy skede trek en dié wat reg doen sowel as dié wat verkeerd doen, uit jou uitroei. (Eseg 21:3) Die Jode wou maar net nie verstaan dat wat hulle oorgekom het, nie ’n tragiese lot was of...