by Jaco Thom | 10 Nov 2023 | Job, Lees die Bybel saam met my
Waarom het U my u teiken gemaak? Waarom moet ek vir U ’n las wees? (vers 20b) Job wend hom nou tot God, die Een wat, so glo hy, vir sy ellende verantwoordelik is. Hy vra niks van God nie, as dat Hy hom moet uitlos (vers 16) sodat die tyd wat hy nog oor het, sonder pyn...
by Jaco Thom | 9 Nov 2023 | Job, Lees die Bybel saam met my
Besin julle, moenie dat daar onreg geskied nie, besin julle, my saak is reg. (vers 29) Miskien het jy ook al oor Job se volgehoue weiering om te erken dat hy skuldig is aan iets, gewonder. Ons glo tog dat almal van ons gesondig het en dat dit ons aan die heerlikheid...
by Jaco Thom | 8 Nov 2023 | Job, Lees die Bybel saam met my
Wat ’n dwaas geoes het, word deur honger mense opgeëet; hulle haal dit uit selfs waar dit tussen die dorings weggepak is. (vers 5) In sy oorywer om Job te leer, begin Elifas nou beledigend raak. Hy sinspeel daarop dat Job soos ’n dwaas optree. Later speel hy ook direk...
by Jaco Thom | 7 Nov 2023 | Job, Lees die Bybel saam met my
Sal dit jou vermoei as iemand met jou redeneer? Ek kan nie stilbly nie. (vers 2) Die eerste probleem met Elifas se “ondersteuning” van Job was dat hy vir Job preek, sonder om hom in Job se situasie te probeer indink. Sy woorde kom van buite, en hy redeneer vanuit ’n...
by Jaco Thom | 6 Nov 2023 | Job, Lees die Bybel saam met my
Toe het Job begin praat en sy geboortedag vervloek. (vers 1) In hoofstuk 1 en 2 lees ons Job se verhaal en hoe die ellende op hom neergedaal het. Alles wat vir hom lief en dierbaar was, is van hom weggeneem – sy kinders, sy besittings, sy gesondheid. Dit word alles in...
by Jaco Thom | 5 Nov 2023 | Job, Lees die Bybel saam met my
Toe die hemelwesens weer op ’n dag voor die Here kom staan, het die Satan ook tussen hulle voor die Here kom staan. (vers 1) Dit is vreemd om te lees hoe vryelik die Satan in die hemel toegang tot God het (vers 1, vgl 1:6).“Satan” is hier ’n titel, nie ’n naam nie....