by Jaco Thom | 17 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my gered het. (vers 47) Dawid was die suksesvolste koning van Israel. Hy het al Israel se vyande verslaan en die ryk uitgebrei tot teen die Eufraat. Hy was dié groot moondheid van sy tyd, en het die...
by Jaco Thom | 16 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
As U my sou toets, my selfs in my slaap sou ondersoek, my deeglik sou keur, sou U niks verkeerds vind nie. (vers 3) Integriteit is ’n karaktertrek wat ongelukkig in ons dae skaars geword het. In feitlik elke sfeer van die samelewing is daar mense wat nie die toets...
by Jaco Thom | 15 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Ek hou die Here altyd voor oë; omdat Hy aan my regterkant is, sal ek nie struikel nie. (vers 8, 2020-vertaling) Waar soek jy skuiling en troos as dinge nie vir jou uitwerk nie? Daar is natuurlik net een antwoord: by die Here God! Dis ook wat die skrywer van hierdie...
by Jaco Thom | 14 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? (vers 1) Die psalm begin met die vraag wat aan die hart van die geloof lê, naamlik: wie kwalifiseer en wie nie? Deur die eeue is daar baie antwoorde op die vraag gegee, en soms skuif die...
by Jaco Thom | 13 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Dwase sê in hulle harte: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie. (vers 1, 2020-vertaling) Ateïsme is nie ’n moderne verskynsel nie. Selfs in Bybelse tye was daar al mense wat gesê het God bestaan nie. Die Bybel...
by Jaco Thom | 12 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? (vers 2) Dalk was jy ook al daar waar Dawid in dié psalm is. Jy is desperaat, maar soek tevergeefs na God se teenwoordigheid. Hy is afwesig. Dit voel vir jou asof God...