by Jaco Thom | 11 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Help tog, Here, want daar is geen vrome meer nie, daar is geen betroubare mens meer oor nie. (vers 2) Dié versugting kom ook by my op as ek die nuus kyk of die koerant oopslaan. Bedrog, korrupsie, leuens … Dis aan die orde van die dag, en ’n mens wil jou hande...
by Jaco Thom | 10 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel! Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders. (vers 4) As jy angstig soek na skuilplek teen die aanslae van mense, kan jy weet: Daar is so ’n plek – by die Here. Al lyk dit soms vir jou of die...
by Jaco Thom | 9 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Waarom staan U so ver weg, Here? Waarom trek U U terug in tye van nood? (vers 1) Die probleem waarmee die digter worstel, is die feit dat hy nie die heerskappy van God so duidelik in die wêreld sien soos wat hy meen dit behoort te wees nie. Hy kry swaar, en dit lyk...
by Jaco Thom | 8 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Wie u Naam ken, kan op U vertrou, want U laat hulle wat U soek nie in die steek nie, Here. (vers 11, 2020-vertaling) Psalm 9 is ’n interessante vermenging van ’n loflied en ’n klaaglied wat die digter (Dawid?) afwisselend inspan. Hy jubel oor die Here se magtige...
by Jaco Thom | 7 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! (vers 2) Wanneer laas het jy in die nag na die sterrehemel opgekyk? Nie net ’n vinnige kykie nie, maar lank en innig? Gaan op ’n helder aand buitentoe...
by Jaco Thom | 6 Des 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
God wat die opregtes help, is my beskermer. God is ’n betroubare regter … (vers 11-12a) Dawid soek by God beskerming oor wat Kus, ’n Benjaminiet, hom aandoen (vers 1). Ons weet nie waarna Dawid hier verwys nie, maar dit is so dat die Benjaminiete nie ooghare vir...