by Jaco Thom | 11 Nov 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! (vers 1) Ons is hier om God te loof en te prys. Vers 6 sê: Laat alles wat asem haal, die Here prys! Dit geld natuurlik die ganse skepping. Die skepping, én ons, veral ons, is deur God...
by Jaco Thom | 10 Nov 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Prys die Here! Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars. (vers 1) God se troue dienaars (ons!) word hier opgeroep om Hom te prys met ’n nuwe lied. ’n Nuwe lied hou altyd verband met ’n keerpunt in die geskiedenis...
by Jaco Thom | 9 Nov 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. (vers 13) ’n Magtige loflied klink op vanuit die ganse skepping, en jy moet ook deelneem aan die groot koorbyeenkoms waarin alle bewoners van...
by Jaco Thom | 8 Nov 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde. (vers 3) Ps 147 bevat 3 stansas, wat elkeen ingelei word met ’n oproep om die Here te loof (verse 1-6, 7-11 en 12-20). Elkeen van dié stansas gee redes hoekom ons die Here moet prys: As Alwyse maak Hy heel wat...
by Jaco Thom | 7 Nov 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Ek wil die Here loof solank ek leef; ek wil my God besing solank ek bestaan. (vers 2, 2020-vertaling) Vir die psalmis is die lewe ’n loflied. Dit is nie net die strekking van Psalm 146 nie, maar ook van die laaste kort versameling van vyf halleluja-liedere (Psalms...
by Jaco Thom | 6 Nov 2022 | Lees die Bybel saam met my, Psalms
Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. (vers 9) Ps 145 is ’n akrostiese psalm, dit wil sê die eerste letter van al die reëls spel saam die alfabet. Die digter doen dit omdat hy God se lof op ’n omvattende manier wil besing. Dit is die A...