Die boek Psalms
Die Psalms was die liedboek van die Ou Testamentiese kerk. Dit is ook die liedere wat die Here Jesus gesing het.
Omdat Psalms uit die hart van die gelowiges kom, verwoord dit tot vandag nog ons eie verwagtinge en versugtinge voor God.

Die boek Psalms, hoofstuk vir hoofstuk
Hoofstuk van die dag: Psalm 19
Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. (vers 2) Psalm 19 wil ons iets laat sien wat ’n mens in die sleur van elke dag dalk mag miskyk: dat alles om ons, saam met die Bybel, ons uitdaag om met verwondering voor God te...
Hoofstuk van die dag: Psalm 18
Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my gered het. (vers 47) Dawid was die suksesvolste koning van Israel. Hy het al Israel se vyande verslaan en die ryk uitgebrei tot teen die Eufraat. Hy was dié groot moondheid van sy tyd, en het die...
Hoofstuk van die dag: Psalm 17
As U my sou toets, my selfs in my slaap sou ondersoek, my deeglik sou keur, sou U niks verkeerds vind nie. (vers 3) Integriteit is ’n karaktertrek wat ongelukkig in ons dae skaars geword het. In feitlik elke sfeer van die samelewing is daar mense wat nie die toets...
Hoofstuk van die dag: Psalm 16
Ek hou die Here altyd voor oë; omdat Hy aan my regterkant is, sal ek nie struikel nie. (vers 8, 2020-vertaling) Waar soek jy skuiling en troos as dinge nie vir jou uitwerk nie? Daar is natuurlik net een antwoord: by die Here God! Dis ook wat die skrywer van hierdie...
Hoofstuk van die dag: Psalm 15
Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? (vers 1) Die psalm begin met die vraag wat aan die hart van die geloof lê, naamlik: wie kwalifiseer en wie nie? Deur die eeue is daar baie antwoorde op die vraag gegee, en soms skuif die...
Hoofstuk van die dag: Psalm 14
Dwase sê in hulle harte: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie. (vers 1, 2020-vertaling) Ateïsme is nie ’n moderne verskynsel nie. Selfs in Bybelse tye was daar al mense wat gesê het God bestaan nie. Die Bybel...
Hoofstuk van die dag: Psalm 13
Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? (vers 2) Dalk was jy ook al daar waar Dawid in dié psalm is. Jy is desperaat, maar soek tevergeefs na God se teenwoordigheid. Hy is afwesig. Dit voel vir jou asof God...
Hoofstuk van die dag: Psalm 12
Help tog, Here, want daar is geen vrome meer nie, daar is geen betroubare mens meer oor nie. (vers 2) Dié versugting kom ook by my op as ek die nuus kyk of die koerant oopslaan. Bedrog, korrupsie, leuens ... Dis aan die orde van die dag, en ’n mens wil jou hande in...
Hoofstuk van die dag: Psalm 11
Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel! Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders. (vers 4) As jy angstig soek na skuilplek teen die aanslae van mense, kan jy weet: Daar is so ’n plek – by die Here. Al lyk dit soms vir jou of die...
Hoofstuk van die dag: Psalm 10
Waarom staan U so ver weg, Here? Waarom trek U U terug in tye van nood? (vers 1) Die probleem waarmee die digter worstel, is die feit dat hy nie die heerskappy van God so duidelik in die wêreld sien soos wat hy meen dit behoort te wees nie. Hy kry swaar, en dit lyk...
Hoofstuk van die dag: Psalm 9
Wie u Naam ken, kan op U vertrou, want U laat hulle wat U soek nie in die steek nie, Here. (vers 11, 2020-vertaling) Psalm 9 is ’n interessante vermenging van ’n loflied en ’n klaaglied wat die digter (Dawid?) afwisselend inspan. Hy jubel oor die Here se magtige...
Hoofstuk van die dag: Psalm 8
Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! (vers 2) Wanneer laas het jy in die nag na die sterrehemel opgekyk? Nie net ’n vinnige kykie nie, maar lank en innig? Gaan op ’n helder aand buitentoe...
Hoofstuk van die dag: Psalm 7
God wat die opregtes help, is my beskermer. God is ’n betroubare regter ... (vers 11-12a) Dawid soek by God beskerming oor wat Kus, ’n Benjaminiet, hom aandoen (vers 1). Ons weet nie waarna Dawid hier verwys nie, maar dit is so dat die Benjaminiete nie ooghare vir...
Hoofstuk van die dag: Psalm 6
Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe. Help my, want U is getrou. (vers 5) ’n Mens beleef dikwels ’n afsydigheid van God wanneer jy bewus raak van jou eie sondigheid, soos in hierdie psalm gebeur. Die digter noem nie sy sonde by die naam nie, maar impliseer...
Hoofstuk van die dag: Psalm 5
Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U. (vers 12) ’n Predikant uit my kinderdae het sy kanselgebed telkens afgesluit deur die Here te dank vir die voorreg van aanbidding. Dit het vir my...
Hoofstuk van die dag: Psalm 4
Die Here hoor as ek na Hom roep. As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! (vers 4-5) In hierdie aandgebed is daar twee gemoedstemmings. Eers word die sake wat ’n mens gedurende die dag onrustig gemaak het, in...
Hoofstuk van die dag: Psalm 3
As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my. (vers 6) Psalm 3 is ’n goeie voorbeeld van ’n klaaglied (’n psalm waarin die digter by die Here sy lot bekla, maar ook aan die Here vasgryp vir uitkoms).Die digter wil ons oorreed om in...
Hoofstuk van die dag: Psalm 2
Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek. (vers 12) Psalm 2 sluit ten nouste by Psalm 1 aan. In Psalm 1 word die regverdige, wat sy vreugde in die wet van die Here vind, gekontrasteer met die goddelose, wat van God en sy gebod niks wil weet nie. In Psalm 2...
Hoofstuk van die dag: Psalm 1
Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang. (vers 6) Op die oog af stel die psalm ons voor ’n eenvoudige keuse: ’n lowergroen, goed-versorgde vrugteboom (vers 3) of kaf (vers 4). Maar dit word moeiliker as jy...
Hoofstuk van die dag: Psalm 150
Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! (vers 1) Ons is hier om God te loof en te prys. Vers 6 sê: Laat alles wat asem haal, die Here prys! Dit geld natuurlik die ganse skepping. Die skepping, én ons, veral ons, is deur God...
Hoofstuk van die dag: Psalm 149
Prys die Here! Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars. (vers 1) God se troue dienaars (ons!) word hier opgeroep om Hom te prys met ’n nuwe lied. ’n Nuwe lied hou altyd verband met ’n keerpunt in die geskiedenis...
Hoofstuk van die dag: Psalm 148
Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. (vers 13) ’n Magtige loflied klink op vanuit die ganse skepping, en jy moet ook deelneem aan die groot koorbyeenkoms waarin alle bewoners van...
Hoofstuk van die dag: Psalm 147
Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde. (vers 3) Ps 147 bevat 3 stansas, wat elkeen ingelei word met ’n oproep om die Here te loof (verse 1-6, 7-11 en 12-20). Elkeen van dié stansas gee redes hoekom ons die Here moet prys: As Alwyse maak Hy heel wat...
Hoofstuk van die dag: Psalm 146
Ek wil die Here loof solank ek leef; ek wil my God besing solank ek bestaan. (vers 2, 2020-vertaling) Vir die psalmis is die lewe ’n loflied. Dit is nie net die strekking van Psalm 146 nie, maar ook van die laaste kort versameling van vyf halleluja-liedere (Psalms...
Hoofstuk van die dag: Psalm 145
Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. (vers 9) Ps 145 is ’n akrostiese psalm, dit wil sê die eerste letter van al die reëls spel saam die alfabet. Die digter doen dit omdat hy God se lof op ’n omvattende manier wil besing. Dit is die A...
Hoofstuk van die dag: Psalm 144
Mag ons seuns wees soos plante wat hoog groei in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare, uitgebeitel soos vir ’n paleis. (vers 12) Ná my worsteling met dié psalm kan ek verstaan hoekom ’n predikant in ’n preek oor Ps 144 liries geraak het oor “ons dogters soos...
Hoofstuk van die dag: Psalm 143
Moet tog nie ’n regsaak teen my begin nie, want niemand wat leef, is voor U onskuldig nie! (vers 2) Hierdie boetepsalm kon netsowel in die Nuwe Testament gestaan het. As ’n mens oor jou eie lewe dink (en eerlik met jouself is), besef jy, soos die digter, dat jy in die...
Hoofstuk van die dag: Psalm 142
Ek roep na U om hulp, Here, ek sê: “U is my toevlug, buiten U het ek geen deel in die land van die lewendes nie! (vers 6) Die opskrif van die psalm sê Dawid het dit geskryf toe hy in die spelonk was, in die tyd toe hy vir Saul gevlug het. Jy kan dit gerus lees in 1...
Hoofstuk van die dag: Psalm 141
Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge, dat ek nie in sonde verval saam met manne wat onreg doen nie, en dat ek nie deelneem aan hulle feeste nie. (vers 4) As ’n mens tussen die lyne lees, wil dit voorkom of die digter probeer wegbreek van mense in wie se kring hy...
Hoofstuk van die dag: Psalm 140
Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose, Hy sorg vir die reg van die arme. (vers 13) Die spreekwoord sê die pen is magtiger as die swaard. Die tong is egter nóg magtiger. Dawid stem met my saam. Hy sê mense blaas vyandskap aan; hulle tonge is so...
Hoofstuk van die dag: Psalm 139
Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. (vers 1) Toe ek in die weermag was vir my kapelaansopleiding, het ons kursusleier graag in die moederskamer gesit (ons het in die kerk klas gehad). Daar kon hy ons dophou, maar ons kon hom natuurlik nie sien nie. Jy kon nooit weet...
Hoofstuk van die dag: Psalm 138
Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee. (vers 3) Wat gebeur wanneer jy bid? Wanneer jy God se hulp inroep?Daar is mense wat sê gebed help nie. Daar is mense wat sê God het so baie groot dinge wat sy aandag verg dat Hy nie tyd het om aan...
Hoofstuk van die dag: Psalm 137
Hoe kan ons die lied van die Here sing in ’n vreemde land? (vers 4) Wanneer alles wat vir jou lief en dierbaar is, van jou weggeneem word, word jou emosies só ’n warboel dat dit jou feitlik verlam. Dit is wat in hierdie psalm gebeur. Die digter dink terug aan hoe...
Hoofstuk van die dag: Psalm 136
Prys die Here, want Hy is goed – want vir ewig duur sy troue liefde. (vers 1, 2020-vertaling) Die Hebreeuse woord “hesed” wat die 2020-vertaling met “troue liefde” weergee, word in ander vertalings verskillend vertaal: “goedertierenheid” (OAV), “liefde” (NAV en NLV),...
Hoofstuk van die dag: Psalm 135
Prys die Here, want die Here is goed, sing tot eer van sy lieflike naam. (vers 3) Dis opvallend hoeveel keer in die Psalms ons opgeroep word om die Here te loof. Hierdie psalm begin ook so, met die woord “halleluja” (2020-vertaling), wat letterlik beteken: “Loof die...
Hoofstuk van die dag: Psalm 134
Mag die Here jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het. (vers 3) Hierdie laaste van die 15 pelgrimsliedere is ’n soort huistoe-stuur woord waarmee die pelgrims se fees afgesluit word. Eers vra die pelgrims dat die priesters die Here moet aanroep en prys...
Hoofstuk van die dag: Psalm 133
Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! (vers 1) ’n Mens het eintlik nie nodig om iets oor hierdie psalm te skryf nie; dit spreek vanself, en dit gryp jou aan deur sy eenvoud.Waar baie psalms die klem daarop laat val dat God in die hemel heers, gaan...
Hoofstuk van die dag: Psalm 132
As jou nakomelinge hulle aan my verbond hou en aan die verordeninge wat Ek hulle leer, sal ook hulle seuns vir altyd op jou troon heers. (vers 12) Die psalm kom uit ’n tyd voor die ballingskap, en is gebaseer op die belofte dat God Sion en die Dawid-dinastie sal...
Hoofstuk van die dag: Psalm 131
Ek het rus en kalmte gevind. (vers 2) Die prentjie wat Dawid in hierdie psalm vir ons teken, lyk darem baie anders as ons eie gejaagde, rustelose bestaan, nie waar nie? “Ek het rus en kalmte gevind,” sê Dawid. Blykbaar was daar ook ’n tyd waarin hy, soos ons, dit nié...
Hoofstuk van die dag: Psalm 130
Uit die dieptes roep ek na U, Here, luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep. (vers 1-2) Soms kan ’n mens so diep in ’n put beland, in die dieptes van ellende, dat alles om jou vir jou donker lyk, en jy nie eintlik uitkoms sien nie.Die digter sê nie vir ons wat...
Hoofstuk van die dag: Psalm 129
Hulle het my van jongs af swaar verdruk, [...] maar hulle kon my nie onderkry nie. (vers 1-2) Israel se bestaan is gekenmerk deur tye van erge verdrukking. Dit het al in Egipte begin, waar hulle as slawe onderdruk is. Ná die Uittog was daar in Kanaän lank verdrukking...
Hoofstuk van die dag: Psalm 128
Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen. (vers 1) Hierdie lied begin met ’n saligspreking en sing dan oor die voorspoed wat die Here aan mense gee op talle terreine: by jou werk (vers 2), in jou huwelik en gesinslewe (vers 3) en in die breë...
Hoofstuk van die dag: Psalm 127
As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. (vers 1) Salomo herinner ons in hierdie kort psalm dat ons niks op ons eie kan doen nie: nie ’n huisgesin suksesvol kan hanteer nie (vers 1a); nie die veiligheid en sekuriteit in die samelewing...
Hoofstuk van die dag: Psalm 126
Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. (vers 5) In die psalm dink die digter terug aan die wonderbaarlike uitkoms wat die Here in die verlede bewerk het, en hoe oorstelp hulle was. Maar nou is daar wéér nood. Die beeld wat hy gebruik, is dié van die...
Hoofstuk van die dag: Psalm 125
Dié wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan. (vers 1) Die psalm begin met die stellige uitspraak dat dié wat op die Here vertrou, altyd vas sal bly staan. Hy grond dié sekerheid op die feit dat die Here self die...
Hoofstuk van die dag: Psalm 124
Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. (vers 8) Hierdie lied is in ’n sekere sin die antwoord op Ps 123, wat eindig met ’n smeekgebed om God se genade, sonder dat hy ’n antwoord kry. Nou antwoord Ps 124 met ’n jubeling: die Here hét gehelp. Sonder sy...
Hoofstuk van die dag: Psalm 123
Wees ons genadig, Here, wees ons genadig; want ons het meer as genoeg gehad van minagting ... (vers 3, 2020-vertaling) Een van die oudste kerklike pleitbedes is die woorde van vers 3: “Kyrie eleison!” Here, wees ons genadig! Ons het u genade nodig, ons het U...
Hoofstuk van die dag: Psalm 122
Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.” (vers 1) Die vreugde van saam met ander te aanbid, inspireer die pelgrim om hierdie lied te sing. Die lof van die Here staan vir hom voorop as hy sy ervaring van die fees in herinnering...
Hoofstuk van die dag: Psalm 121
Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. (vers 8) Pelgrimsreise was nie eenvoudig nie. Die mense het te voet gereis, en die pad was dikwels baie gevaarlik. Dink maar aan die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Luk 10:30-35). En nou staan die...
Hoofstuk van die dag: Psalm 120
In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor. (vers 1) Hierdie psalm is die eerste van die vyftien pelgrimsliedere (Ps 120 tot 134). Dit is gesing deur die pelgrims op pad na die tempel vir die groot jaarlikse feeste.Die digter vertel van sy...
Hits: 201